Skemer, Bettysbaai

die wolke skuif aan
soos die vet son onder die horison sink
en die voeltjies in die fynbos vir mekaar "nag" tjirp
die golwe swem almal weswaarts na die oranje gloed
asof daar vlamme bo op die water brand

soos die voeltjies een vir een in hulle nessies inkruip
begin die insek orkes solank opwarm
soos die tjellos by n ballet konsert
'n regskuif van 'n stoel, 'n hoes van n dwarsfluit speler
so maak almal reg vir die simfonie van die nag

Wooden Heart by Dan Smith (Listener)

We’re all born to broken people on their most honest day of living and since that first breath we’ll need grace that we’ve never given. I've been haunted by standard red devils and white ghosts and it's not only when these eyes are closed. These lies are ropes that I tie down in my stomach, but they hold this ship together tossed like leaves in this weather and my dreams are sails that I point towards my true north, stretched thin over my rib bones, and pray that it gets better but it won’t, at least I don’t believe it will. So I've built a wooden heart inside this iron ship, to sail these blood red seas and find your coasts. Don’t let these waves wash away your hopes. This war-ship is sinking, and I still believe in anchors pulling fist fulls of rotten wood from my heart, I still believe in saviours, but I know that we are all made out of shipwrecks, every single board washed and bound like crooked teeth on these rocky shores. So come on and let’s wash each other with tears of joy and tears of grief and fold our lives like crashing waves and run up on this beach. Come on and sew us together, tattered rags stained forever. We only have what we remember. 

I am the barely living son of a woman and man who barely made it, but we’re making it, taped together on borrowed crutches and new starts. We all have the same holes in our hearts. Everything falls apart at the exact same time that it all comes together perfectly for the next step, but my fear is this prison that I keep locked below the main deck. I keep a key under my pillow, it’s quiet and it’s hidden and my hopes are weapons that I’m still learning how to use right, but they’re heavy and I’m awkward, always running out of fight. So I’ve carved a wooden heart, put it in this sinking ship hoping it would help me float for just a few more weeks because I am made out of shipwrecks, every twisted beam, lost and found like you and me scattered out on the sea. So come on let’s wash each other with tears of joy and tears of grief and fold our lives like crashing waves and run up on this beach. Come on and sew us together, just some tattered rags stained forever. We only have what we remember.

My throat it still tastes like house fire and salt water. I wear this tide like loose skin. Rock me to sea if we hold on tight. We’ll hold each other together and not just be some fools rushing to die in our sleep. All these machines will rust I promise, but we'll still be electric shocking each other back to life. Your hand in mine, my fingers in your veins, connected. Our bones grown together inside. Our hands, entwined. your fingers in my veins, braided. Our spines grown stronger in time because our church is made out of shipwrecks from every hull these rocks have claimed, but we pick ourselves up, and try and grow better through the change. So come on y'all and let’s wash each other with tears of joy and tears of grief and fold our lives like crashing waves and run up on this beach. Come on and sew us together. We're just tattered rags stained forever. 

We only have what we remember.

Die Reus (vir Duard)

Bohemia, Stellenbosch (2006)

Op die hoek van Andringa en Victoria
na 'n friendly by die hangbrug in die reen
wag ek vir die reus – die heilige gees
die een wat in homself weet waarheen

ek twyfel nog soms oor my koers
en struikel dikwels oor my eie voete
maar die reus staan vasberaad en dapper
hy ken sy vriendelike roete

(+/- 8 jaar gaan verby)

In Mill Straat, Kaapstad
Agter 'n rekenaar skerm by my kantoor
dink ek aan die reus – die heilige gees
die een wat my nie vandag kan hoor

ek twyfel nog soms oor my koers
en struikel dikwels oor my eie voete
maar die reus staan vasberaad en dapper
hy voltooi die vriendelike roete

Wie weet?

, (komma)

Maar wat van wanneer ons eendag oud is, gaan ons nie dan spyt wees nie? Wanneer swaartekrag jou oorneem en my bene begin verkrummel, gaan ons nie dan wonder nie? Hulle se dit is die moeite werd, maar is dit nie wreed deesdae met al die haat en oorloë nie? Is daar nie al genoeg van ons wat kos en klere en liefde soek en dit net nooit kry nie? Is my woorde nie my kinders nie en jou Parys nie jou geluk? Vir my klink dit genoeg as ek slegs in jou oë moet kyk, maar miskien is dit net my selfsugtigheid... Wie weet?

Afrikaans

toe rook nog uit
skoorstene geborrel het
was nie alles mooi nie
– verlee oor verdeeltheid

verruil verleentheid vir vryheid
om trots jou woorde
op [papier] te sit
selfs al kom hulle
in die taal

solank jy veg vir vryheid
om almal saam te bind

Waarskuwing

vroeg oggend skrik ek

regop wakker.

gedink ek het jou oproep gemis

jou klop by die deur.


slaap my kind,

slaap vir ewig...

raak verlore

in woude van die nag.


oseane van verkeer en rook dampe

informasie, nuus, moord, oorlog

vrees, haat, moeg en siek en sat

dis 'n virus wat die siel verorber


'n lee hol gevoel in jou maag

dis grys en stil en alleen

die wereld en wereldse goed

bly weg!

bly weg!

so lank

soos wat jy kan...


Stellenbosch

jy spook soms nog by my
taai spook asem hande
groen-geel gras in die somer

doop myself by die karnival
met wyn uit 'n fanta blikkie

jy spook soms nog by my
fietsry langs die rivier
prentjies teken in die stof

wit winter pieke gedoop
met die eerste sneeu

Jy (vir my vrou)

jy

berug in die donker hoeke van my siel

jy

wat sonskyn skilder waar die nag woon

jy

krul bruin hare en blou spinnerak oë

en jy

wat vrede in my hart indwing



jy

soos goeie boeke en 'n warm mat op die vloer

jy

'n kaggel en rooiwyn in die winter

jy

laat slaap as dit reën op 'n Sondag

en jy

wat sonder musiek in die sitkamer dans



jy

wat kan toor met woorde in 'n argument

jy

net so hardkoppig soos jou ma,

maar jy

wat enige liewe ding vir my sal doen

en jy

vir jou is ek inniglik dankbaar


Sout Sonlig (2008)

my liefde was

see diep,

maar golwe versplinter
op skerp rots

ou visser bootjies

hout kraak

en verf val af
bros in sout sonlig

verkalk

verander

vergewe
en vergeet

met jou maat

sal ek jou seker

weer eendag
moet meet

Naamgenoot (2007)

jou onderklere
wat op die mat le

anders as gewoonlik
gerangskik

aggenee fok man
dit is nou genoeg

dan het hy nog
dieselfde naam as ek!

jou bed sal
my nie weer sien nie

jou lippe
nooit weer myne voel nie

ek wonder
of jy aan my gedink het

maar dit verander
seker niks nie

Net Ons (2008)

saam gebondel in die agterste kamer
van die local bar op die hoek
tussen pool tafels en whisky
die outcasts en die broken hearts

ons het mekaar laat verdwyn
opgesweep in ons droom:
langs 'n kampvuur, alleen
net ons oë, rooi, van rooi wyn

net jou sagte lippe wat glimlag
tussen deur die rook walms
net jou warm hande
wat oor die fake leer sluip

op die telefoon, laat nag vir ure
net ons is wakker in die hele wereld
net ek en jy en die telefoon drade
wat in die maanlig flikker

kort vir nou

die wolkekrabber is nou
slegs die hoogste kolom

op die grafiek

ons maak nie meer nie
ons bou net 'n stad

van sosiale media statistiek

Benjamin Van Die Onderdorp

jy was soos Luther Blissett
held van my kleuterskool
die kaptein van my bende
'n generasie se Zeitgeist

Baader-Meinhof verskynsel
in katedrale van die bo-dorp
'n klein kleurling koning
gedoop deur 'n wit ma

vinnigste kind in die laerskool
sommer sonder sonbrand olie
diefstal grappe oor jou spoed
het in wit kleedkamers ge-eggo

maar ek en jy was vriende
'n vreemde verskynsel
bloedneus geboelie daaroor
tot die dag wat jy my gered het

wit-leuens van 'n skoolkind kultus
het jou tog geskors gekry daarvoor
nou werk jy iewers by 'n pakhuis
wat sonbrand olie in grootmaat stoor

en ek hoop daai dag eggo nog
in daai kind (nou 'n pa) se kop
dat hy nie kan slaap in die aande nie
selfs al bly hy in die stille fokken bo-dorp

Die Laaste Boom (Circa 2004/5)

Wag vir my by die heel laaste boom
aan die bo-punt van die tuine
sodat ons kan gaan swem en droom
op 'n skroeiwarm saterdag

daar by jou flat blok in Victoria straat
waar my ma jare terug gehuur het
is ons nou jonk en vol raad
van dinge wat ons niks van weet

kom ons gaan vanaand see toe
dan swem ons sommer weer
skinny-dip onder die sterre
dan kan ons weer probeer

om ons drogbeelde uit te skreeu
angswekkende krete vir ou dose
wat op ryk man stoepe sit en
hulle self verbeel hulle's nie die bose

Ek bring vir jou die laaste boom
dan kan ons onsself verraai
sodat ons kan swem en droom
en ons jonk wees uit kan saai

Kaapstad, London, Berlyn, New York

Die volgende is 'n rant wat ek in November 2009 geskryf het.

Ek load al my fotos op Facebook, nee, my tumblr.
Blurry fotos van mense wat make-up doen.
Of fotos van iemand wat iewers in 'n crack addict tipe looking flat op 'n mat vol sigaret brand merke le.
Met 'n kat.
Fok dis lame.

Ek neem my under aged girlfriend af in haar underwear.
Of naked op 'n beach.
I am so fucking bohemian its not even funny.

Ek is net soos my dead idols, maar eintlik glad nie.
Eintlik is ek exactly wat hulle despise het.
Alles wat hulle nooit wou wees nie.

Ek kan nie wag vir my volgende interaction met iemand 'n derde van my ouderdom sodat ek hulle kan manipulate nie.
Ek kannie wag vir die volgende exhibition van die mees pretentious-te “kuns” wat die wereld nog gesien het.
"wow haar stuff is net sooooo amazing, hey!"
Sodat ek iets kan koop om in my sparsely decorated flat kan sit of hang nie.
Dis probably 'n “kunswerk” van 'n “vriend”.

Sy sal kom kuier.
Ek sal vir haar cocaine infused French cuisine maak.
Met groot glase rooiwyn waaroor ek niks weet nie.
(Die wyn was duur dit moet goed wees)
En dan sal ek advantage vat.
Dan sal sy weet.
Dan sal ek uiteindelik daai probleem in my begin uitsorteer.
Daai probleem van vrouens.
Ek sal haar dominate.
Sy sal te jonk en insecure wees om iets te doen oor die feit dat sy ongemaklik voel.
Oor dat ek haar laat voel soos 'n "goedkoop slet".
Sy sal vir haarself vertel sy is besig om kinderagtig te wees.
Sy sal haar Ma se stem in haar kop uitdoof met my diep asem.
Sy sal vergeet wie sy is.
Sy sal my haar fokus maak.
Ek sal dit weet, maar ek sal nie omgee nie.

Ek sal my boyfriend afneem as hy kaal op sy maag le.
Ek sal met sy beste vriend slaap in 'n badkamer met vuil spieels en klein vloer teeltjies.
Terwyl my boyfriend se "band" op stage is.
Ek sal hom uitkak as hy nie verstaan nie.
"Dis net deel van die hele social blah blah go fuck yourself".
Hy sal staan en skree.
Ek sal harder probeer om in te pas.
Ek sal beter act.
Beter act voor my ouers.
Beter act voor die mense wat actually omgee.
Ek sal net aanhou probeer inpas, maar ek sal nooit nie.

Dis waar ons een of ander mens se warped idee van "the oh so amazing golden years" van een of ander period volg op 'n cult like manier.
Dis waar ons eventually sal tuis voel.
Dis waar ons in ons insecurity kan rejoice.

Fokken luister net 'n slag:
Kaapstad, London, Berlyn, New York – was nog nooit dieselfde plek nie.

Dylan & Krog & Ek & Jy

Dylan is wys met die straat
ek dink aan skooltyd met Krog
iets daarin het met my gepraat
nou maak hy sý woorde gesog

so raak ons net vetter en ouer
alweer op die nostalgiese spoor
stoom voort – stadig en kouer
waar's jy vanaand om my te hoor

op ‘n wit skoolbank in die 90s 
oranje nog in jou ouers se are
die wagte is verander met iets
wat lyk soos Jakob – die ware

maar die ponie het oorgeneem
in die harte van hul Totius
die wagte in hul torings seën
met leuens op ons skouers

hou op huil vir nou of die verlede
alles vals sal verkrummel in puin
jou lot word gehoor in gebede
trompette sal luid uitbasuin



Ongenooide Gas

ek hoor die man met die mantel
soos hy dans in die gange
sy laaste wals voor dagbreek
die laaste doods gesange

wyk! met jou uurglas
wyk! met jou oë vol lus
hulle bly nog ons sin!
tot die son op sy hoogste is

selfs dan het jy nie beheer
ons gebede kan nog slaag
onthou ons treur nooit vir jou
slegs wie oorlog teen jou waag

alleen sal jy sit op jou hoop as
ons herinneringe sal steeds wees
saamgebind deur ons liefde
transendent – siel en vlees

Die Wiel Draai (Circa 2006)

ek het 'n wrok
teen die wrak van jou hart

wat eers vol liefde was
en nou net smart

valse vriende vol manipulasie
verander

jou van wie jy was
tot iemand anders

Alles saam gevleg

die overberg hou skaars die swaar
gekoekte bondel wolke vas
pad vark vleg vinnig deur verkeer
waar daar eers vrede was

hoë bome soos suurstof kerke
wat langs die teer slange styg
hidroëlektriese dam wal gedrog
standbeelde wat onder onheil swyg

briek ligte vervaag deur God se trane
wat resies jaag op die voorruit
Sir Lowry's in die stadige baan
in die plakkerskamp in, uit die woude uit

hoë hout pale soos elektriese kerke
waar al die drade koek en saamdrom
leë reklameborde soos Pollock se werke
met die oorskot van ou papier en gom

'n bondel sinkplaat hokke vir mense
(diere woon in parlements geboue)
rook wat uit maer skoorstene styg
om te help teen die bitter koue

dan uiteindelik is ons by die huis
en ek vleg my liefie se nat hare
ver weg van die realiteit van dié plek
soos die herfs se verwaaide blare

Nou-toe-nou

jy het vir my briewe gepos
selfs al was dit duur

ek het skool toe gery
met my fiets deur die mis

vir ure met jou op die huisfoon
gepraat

hulle het rubberkoeëls op
die betogers gevuur,

'n selfie geneem
by 'n ouma se begrafnis

en 'n popster pedofiel
vrygelaat

Bevry

bewolk op die strand
oseaan wat storm
onder 'n kombers
langs 'n vreugdevuur

'n geheue om te was
met die medisyne
by 'n bebaarde
visserman gehuur

vergeet van my
soos 'n skeepswrak
sodat ek uit kan dryf
met die gety

bewolk op die strand
geheue wat storm
onder die invloed
- bebaard, bevry

Die strandjutwolf (deur: NP van Wyk Louw)

(Een van my gunsteling Afrikaanse gedigte)

Dit kom net met die donker maan:
ek hoor dit vér eers roep
soos iets wat klae in die veld;
dan is dit by die stoep …

hy snuiwe aan die drumpel saggies
en roer rondom die huis,
ek hoor hom ruik-ruik asemhaal
en krap by die kombuis;

die hele werf is vol van hom:
daar waar die ploeë blink,
daar sien ek die os-groot skadu roer
en hoor iets ysters klink.

Ek weet hy is so grys en groot,
dat as hy regop klim
dan krap sy pote aan die nok,
hy luister by die skoorsteen in …

en as ek in my kamer lê
en áls is stil en swart,
dan weet ek is dit in die huis,
ek luister na my hart,

ek weet sy oë is vaal en blind,
ek hoor hom sagter as ’n snik
net in die gang, en tussenin
my polshorlosie tik,

en op die helder dag weet ek
dat die Gryse by my bly,
ek hoor sy draffie en ek voel
sy wit oë agter my.

Onheil op die regters bank

in jou in forseer
sonder dat jy daarvoor vra
vreet jou op van binne af
koggel, smeek en kla

demonies soos die middernag
vuil soos 'n stortingsterrein
toegedraai in bloederige doeke
gebore uit vrees en pyn

dis haat en skynheiligheid
dis dit wat hulle op teer
om jou soos hulle te maak
glo my, hul probeer

jok vir jou met die nuus
voer jou met nonsens, kind
hul fok daagliks met jou kop
om jou waarheid te verslind

druk jou af tot jy breek
los jou om te tjank
sit jou onder kruisverhoor
onheil op die regters bank

Al wat ek het

ek tik op 'n rekenaar
swart letters teen die wit
net die betekenis
kan kleur in hulle in sing

en jy lees dit ook so
hard en koud en leeg,
maar as jy mooi kyk
kan jy die oseaan sien

jy kan jouself verloor
in 'n wonderlike weerstand
teen wat hulle wil he
jy moet wees

jy kan jouself verkyk
aan 'n boom wat wieg
in die wind - alleen
laaste oomblike van die son

jy kan dit inkleur nes jy wil
gom en plak en mooi maak
dis nie rerig baie nie,
maar ek kan dit vir jou gee

Welgemeend

toe ons uit die palmboom woonstel moes trek
moes ons so baie agtergelos het
die wit matte was al donker geel rondom
waar die meubels altyd gestaan het

die geroeste diefwerig in die badkamer
het my laat dink aan die keer toe ek
moes inbreek op 'n saterdag middag
omdat ek my sleutels verloor het

dit het my laat dink aan al die aande
van laat wakker bly en kak praat met koppies tee
terwyl ons verstik het aan rook, ou pizza bokse,
dagga, goedkoop meisies, wyn, LSD

die short films wat ons gemaak het
die ou video kamera van my pa se werk
en soms mis ek om jou elke dag te sien
my hart borrel koud soos ek terug dink

amper soos by die dood van my oupa
die dood wat by my insink

Gebond (Le Deux Magots, Parys, 2012)

waar skrywers jare terug gesit het
sit daar nou mode ontwerpers en klets
oor die internet en trend forecasts
en wat hulle vir breakfast geeet het

dit huil saggies op die ou stad
sambrele in duisende kleure
skarrel verby, stamp teen wynglase
en skraap die hout deure

almal probeer om te ontsnap
van die kwaai winter wind
eweskielik is hulle almal toeriste
almal verloor wat hulle saambind

hulle wil voel hoe dit voel om te voel
hulle staan leweloos rond
soos geeraamtes in 'n kas
afgebreek, tog gebind in gebond

'n Std 4 Gebed (1993)

Die volgende is nie 'n gedig nie. Dis 'n gebed toe ek hulle nog neergekryf het in my dagoek. Ek het dit slegs verander op plekke waar dit nie sin gemaak het nie, omdat ek so baie spel foute gemaak het in Std 4. 

Liewe Jesus vergewe my asseblief, ek het die bal wat my oupa vir my suster gekoop het aspris in die rose in gegooi.

Ek is baie jammer daaroor en nie net omdat ek pak gekry het nie.

Ek wou net lelik wees omdat ek uit die beker met die hasies op wou sap drink en sy het dit eerste uit die kas gehaal. Ma het gesê dat omdat sy dit eerste gehad het kon sy dit gebruik.

Dit het my kwaad gemaak en toe gooi ek die bal in die rose. Jammer.

Liewe Jesus, dankie vir my ma en my pa en dat ons kos en klere het. En 'n huis.

Wees asseblief saam met die arm mense vanaand.

En wees asseblief saamet Susan wat vandag opgehou stryk het en vir my aftersun aangesmeer het omdat ek so bruin soos sy wou wees. Ek het gebrand en nou lyk ek soos 'n kreef en ek dink ek gaan afdop.

Liewe Jesus dankie vir daai nuwe Mandela oom wat al die mense so gelukkig maak met sy gedansery en snaakse hemde. Hy lyk asof hy baie mense baie bly maak. My Oupa lyk nie of hy baie van hom hou nie, maar hy sê dat ten minste kan hy mooi dans.

Vandag in geskiedenis klas het Mnr Turner vir ons laat teken. Ons moes vir die land 'n nuwe vlag teken! Hy het gesê dat daar is mense wat nie hou van hoe die vlag nou lyk nie.

My vlag het druiwe korrels vir die Kaap, 'n Ossewa vir Transvaal, Mielies vir die Vrystaat en Dolfyne vir Natal opgehad.

Mnr Turner het gesê dat dit lyk vir hom mooi, maar dat hy nie weet of ander mense daarvan gaan hou nie. Ek het gedink hy is net simpel. Was dit lelik liewe Jesus? Dit was seker. Ek is Jammer.

Liewe Jesus maak my asseblief slim sodat ek goed kan doen in my toetse en my eksamen wat oppad is.

Sodat ek beter as 'Jakoobis' kan doen in die geskiedenis toets môre.

O ja, en dankie vir tamatiesous, liewe Jesus. Dis die beste!

Amen.

(Volgens my dagboek het ek beter as Jacobus gedoen in die toets. Ek het sewentien uit twintig gekry en hy het sestien gekry, maar Marina het negentien gekry. My neus het afgedop. Vir aandete die volgende aand het ek melk uit die 'hasie-beker' gedrink en tamatiesous op my tjips geëet.)

27 Woorde

my oe soek warm trane

my hart soek stilte

die knop in my keel bly net sit

gebreek deur jou afskeid

alleen

soos die vallei van verlatenheid

Armstrong

Armstrong se akkoorde maak my arms sterk
sodat ek kan jou swaar gemoed kan dra
die wolke kruip af deur die bo-kaap
en ek mis my jeug. ek mis my ma.

ons raak groot, ons raak kouer
ons is almal se gedagtes saam geweef
ek sterf in die weefsel van verlange
ek moet jou oorreed om aan te hou leef

leef net voort selfs al is dit net hier
waar ek alles kan wegsteek
bly net by my deur die donker dae
sodat jou strale die vloek kan breek

Dit was. Ek is.

sy kom aangesweef soos 'n engel
deur die duisende dronk dose

die oseaan se krag en skoonheid
'n rok gesteel iewers uit die 60s 

ek was die gekose

die hitte van die lang somers dag
het nog op die paaie gerus

toe ons op die sypaaitjie gesit het
'rook gerus een van myne'

ek was bewus

'n oomblik omring deur die reuk
van alkohol en pis

kan nogsteeds so mooi wees
dat jou lewe kan verander

dit was. ek is.

Klingel kind

klingel kind klop kreunend teen kar vensters
koop kamstig nooit kos met die kroon
bestuurder konings kyk kalm vorentoe
koes vir kinders wat op strate woon

gom-kop tik-kop kak stuk nikswerd!
(maar dis net 'n kind) dis net 'n kind!
kort en kragtige kus van die dood
waai klingel kind weg met die wind

weg met die wind.

Mier mense

die aarde kort nuwe plafon
die ou ding lek alweer
op my voorstoep storm dit
in die hoek vorm 'n miere-meer

hulle probeer swem en bo water bly
'heeltemal tevergeefs', dink ek
ek moet help brue bou na die vlei
snaaks wát genade in my verwek

ek speel 'Rescue 911 vir diere'
soos ons het toe ons klein was
uit die swembad vir 'n duisend kinder ure
Ladybirds gered en opgepas

gewoonlik hou ek van die reën
het jou altyd in my arms omvou
maar vandag is ek stoksiel alleen
besig om vir miere brue te bou

ek probeer net bo water bly
'heeltemal tevergeefs', dink ek
ek wens dit was nie ek nie, maar jy
snaaks, wat genáde in my verwek

Leeg, maar splinternuut

swart kraaie sweef
daai laaste van Gogh
teer slange sluip deur die lande
vuil 80s diesel Datsun
gebreide stuurwiel cover
warm gery-de bande

jou woorde wat maal
'n mengelmoes in my kop
by die 'tafeltjies-en-stoeltjies' stop ek
termosfles – bitter brand koffie
hardgekookte eiers
'n ou geroeste plaas-hek

kar radio met die deur oop
knetter en blér oor die stof
verlange dryf ver – 'n klasieke ou lied
ek wens die langpad kon regmaak
of ten minste net sin maak
van wat ek jou nie kan bied

Die plaas daar net voor Caledon

my pa het vir my n storie vertel toe ek klein was
toe ons op Desember vakansie was deur die platteland
net voor 'n mens in Caledon in ry van die Kaap af
is daar 'n plaas genaamd Boontjieskraal

My Engelse vrou ken nie die storie nie,
maar haar Afrikaanse ouma ken dit wel
dit is seker maar een van daai legendes
wat net op Afrikaanse kinder ore val

Daar langs die hoofpad sit 'n plaas omring
deur 'n wit muurtjie met 'n vloek op dit
waar die spoke van kinders saggies sing
na 'n vloed jare terug die area verwoes het

Die boer van die plaas het 'n swerwer familie
weggedraai toe hulle skuiling gesoek het vir die nag
en so draai dit toe uit dat van die familie se kinders
verdrink het in die donker water se krag

hulle pa het oorleef en 'n vloek op die plaas gesit
dat geen man van die plaas baie dae sou sien
dat hulle almal sou sterf op onnatuurlike maniere
'n kar wat van 'n brug af ry, 'n ongeluk met 'n dorsmasjien

en so het dit gebeur dat die mans van die plaas
almal gesterf het in ongelukke op 'n jong ouderdom
en tot vandag toe swerf 'n storie soos 'n swerwer familie
oor die Boontjieskraal plaas daar net voor Caledon

Somers aand hallusinasie

daar is honde wat blaf, alarms wat afgaan
dis baie laat in die sweterige somers nag
die droee wind waai en laat die deure klap
ek kan nie slaap nie! my oe jeuk! gee my krag!

jy sal die laaste een wees om te weet

die fotos van my vriende val van die muur af
my lighter se gas is klaar – gedaan soos ek
dit spark-spark net, maar fokkol vat vlam nie
die motte het 'n army gebou – 'n pyn in die nek

jy sal die laaste een wees om te weet

ek wil nie he jy moet weet hoe dit gaan nie
ek hallusineer in die middel van die nag
vandat jy 'n nuwe bed gekry het
om in te lé, om in te vry, te slaap, te wag

jy sal die laaste een wees om te weet

Soos ek word

soos ek camel filter-oomblik
na 'n lang dag se werk
sit ek in die wingerde
en kyk hoe die son sak

ver van die wereld
se emosionele terrorisme
soos 'n krygsman kom die sterre
om my siel te beskerm

julle kan nie dit wegvat nie
gee nie om hoe erg julle daarna streef
daar is dinge wat net myne is
ek bére hulle waar net ek weet

dit kom al 'n lang tyd
wat ek wil uitbars en skreeu,
maar ek sit dit eerder op papier
want die wereld is skelm

julle weet hoe om goed te draai
selfs met 'n held of heldin
maar afrikaanse gedigte
was nog nooit julle wapen

Verkluim

vir hulle skerp oe lyk dit of
ek al my hele lewe lank hier sit
asof ek soos onkruid net
uit die sement en teer gegroei het

my bordtjie soek geld vir die trein na Pretoria
"van die kaap af is dit duur" dink ek skelm
hulle sal my langer hier laat sit
as hulle dink dit is vir iets duur en nie vir dwelms

en hierdie plek is gesog sé ek vir jou
waar die vroee oggend son liggies lag
die koue het die vorige resident blou
geverf onder die brug in die nag

sy plekkie by die stasie is nou myne
sy skoene loop ook op ander plekke
aan die voete van 'n vriend
'n warm wol binnekant met bruin sweet vlekke

'n kerk tannie het haar ontferm
sy het al haar oorlede man se dinge
eendag hier vir ons gebring
hy was eerste by die skoene

pleks hy eerste by die jasse
of die komberse gaan kyk het,
miskien sou hy dan nie nou so
'verkluim' gelyk het

dit was nog altyd vir my 'n mooi woord daai
todat ek gesien het hoe dit lyk op sy gesig
amper so erg soos die hoop in die oe van die jonges
wat jy weet net verniet is

verkluim lyk soos hoop
waar ek my lyf laat rus
onder bruin wol komberse
en bo-op klam stukke karton

waar die duiwe van die agtermiddag son
lyk net soos die kraaie van die oggend
waar die kraaie in die koue oggend gulsig kyk
na sy blou verkluimde koue oggend lyk

Herfs

lang grasland met 'n rooi-rok-vrou
omvou in piekniek kombers en blou
lug wat streel soos sagte geel
van gister se vroee oggend

die oomblik van oe wat mekaar vind
aangehelp deur koue wind
wat wolke na sonskyn dryf
en ons onder komberse in

en woorde vloei uit my pen
klein boekie met lyne en opgewende
gedagtes wat net wil stroom
tot in die ewigheid, met jou in

dan kom 'n goue trein soos in my drome
en kom haal ons hier weg
en vat ons na waar ek wakker word,
maar jy bly hierdie keer

Die Onheil Van My Smart

die boosheid van die winter gloei nog
soos die laaste oomblike van 'n kers
wat homself verdrink in sy eie was
soos ek myself verdink aan moord
'n moord op wie ek was.

en my nuwe verse skree vir eenvoud
in die skemeraand van my lewe
met 'n ligsinnige gelag vir my beheer oor myself
en beheer oor dit wat bewe
aan die buitehoeke van my persoonlikheid
en die heilige vrees in my hart
in die ouderdom van gebroke gedagtes
en die onheil van my smart.

My Dagboek


silwer vroee oggend sny deur die hoogste geboue
harde lyne van 'n koue winters dag

ek die verlore, die gebreekde, die getroue
ek is die een wat aanhou wag

die somer dal lé ver oopgestrek, omvou
deur die blomme van idealisme

nostalgies sal ek saggies deur my drome wandel
en die strale sal jou na my toe dra

Ses Winter Sinne

my trane gee haar geluk, en my geluk maak haar seer.
die vroee oggend wanneer die kombers jou nie wil laat gaan nie.
lang skaduwees wat sluip oor die geroeste grasperk.
uitgedoofde kerse, die gebreekte klavier, en die stilte van die klein oggend ure.
geel wat grys word, die blomme op die graf wat verlep.
die diepste gesprek wat eindig in n simfonie van trane.

Parys (2013)

sy verwelkom jou met al haar skoonheid
haar kerke en brue en weelde
haar torings en goue paleise
haar klip paadjies en warm kafees
haar liggies, haar kuns museums

maar sodra jou geld op is en jy klaar is met haar 
dan ry jy deur die voorstede oppad na Charles de Gaulle
en deur die vensters lyk sy oud en moeg
net soos fotos van ‘n koue oosblok na die oorlog
vol hoe geboue, maar met gebreekte vensters
hoofpaaie met krake en on-romantiese gras wat uit dit groei

brue vir trokke wat die hoofpaaie kruis
en hotelle met niks mense in
miskien wil ek net nie huis-toe gaan nie
miskien wil ek net myself verloor
in ‘n droom wat my oorneem soos die liefde
wat al die donker kan uitmoor

Soms moet ‘n mens nie


aan die voet van tafelberg sit ek en dink aan
die eerste jaar wat ek weer huistoe getrek het wat so moeilik was,
maar ek dink ook aan die hulp wat ek gehad het in daai tyd
die kleurvolle prentjies wat my lewe probeer red het

en my ma se tuisgemaakte kos
selfs al het die winter van n ander land nog deur my bene gesing
met akkoorde van verkalkte verlange van vergewe en vergeet
kon ek saamleef daarmee omdat ek nog my kinderlike sterkte gehad het
nou sit ek jare later en gaan deur ou briewe van daai tyd

diep in die begrafplaas van die internet
en selfs al vergeet 'n mens na jy jou huldeblyk afgelewer het
vergeet n mens sommige dinge nooit nie

soms moet ‘n mens nie.

Ek onthou jou nog

ons het deur 'n woestyn gery
daar was reenboee langs die pad
ek het nou en dan wakker geword
en hulle gesien

my ma se plooie was toe minder
daar was prentjies in die wolke
ek het vir vliegtuie gewaai,
want die mense kon my sien

wyn was grootmens asyn
en rook was vir die stink omies
as dit gereen het buite
was dit die einde van die wereld

ma het vir ons spaghetti gemaak
dit was so warm ons moes dit
by die venster sit om aftekoel
daar was nog nie diefwering nie

ek het nie gedigte geskryf nie,
ek kon skaars skryf
ek het nie geweet hoe moeilik dit is
om gelukkig wees nie

ek het elke aand gekniel en gebid
ek onthou jou nou nog in my gebede

Want sy was nie jy nie

ek was genooi vir koffie by die woonstel van 'n mooi meisie ('n model nogals),
maar ek het geloop terwyl die koppies en sy nog warm was,
want sy was nie jy nie

sy het vir my gekyk met haar kom-slaapkamer-toe-kyk,
maar ek het omgedraai, my sigaret dood gemaak en geloop,
want sy was nie jy nie

ek het jou gesien stap in die straat en jou geroep,
maar jy het my nie gehoor nie,

want jy was net nie meer jy nie

Tweede brief vir my vriend die duiwel (Circa 2007)

ver van die voor stoepe van Oranjezight se apartheid konings
af verby die resevoir net na jy kamp straat gekruis het
daar in my baksteen sardien blik stapel
sit ek en verraai myself met 'n glasie rooi

omring met die dinge van my jeug wat nou
nogsteeds saam met my toer in my twintigs
soos my eerste kitaar en my oom se plate speler
en 'n foto van my en my suster op die plaas toe ons klein was

en ek hoop jy onthou toe ons
belowe het om nooit groot te word nie
toe wat ek nou skryf – hier – nie net sentimentaliteit was nie
toe jy geglo het dat dit kan alles waar wees

ja, my ou vriend soos die lowercase bybel ook sé:
"die dinge van n kind moet jy laat staan"
maar ek glo nogsteeds tussen deur my droee trane
aan iets meer as net 'n koue glimlag 
en 'n handskud en 'n "wat doen jy nou deesdae?"

maar seriously "wat doen jy nou deesdae?"


Sonskyn Oggende & Sterwende Gedagtes

Deel I 
ek mis my sonskyn oggende
my soetste vriendin van die nag
die heilige oomblike van kindertyd
toe ek nog blink en skoon was

jy weet ek sou nooit inpas
in die wereld wat jy in wil leef
miskien is dit hoekom jy daar is
en ek swerwe op my vergeet

Deel II
koue lug wat saggies op my skouers kom lé
en al my sterwende gedagtes nog een keer kom fluister
soos hoekom jy jouself doodmaak in jou vriende
en net sal luister na my wanneer dit jou pas
dat ek jou beste vriend is net wanneer dit jou pas

Deel III
bring baie boeke as jy weer by my kom kuier
dan sal ons sit en lees op die stoep in die son
en rooiwyn drink uit koffie bekers

as jy weer kom kuier sonder die groot groen glase
onthou net die fotos en die dele van my bundel
wat jy uitgeskeur het omdat dit oor jou was

en as jy weer kom kuier, as dit die moeite werd is
onthou net asseblief van die dinge wat jy vandag gesé het
toe ek sé ek mis my sonskyn oggende en my sterwende gedagtes

Gee my net 'n jaar

soos die somer prinses weer haar
laaste ligblou lug soen liggies gee
en die herfs koningin in wandel
met haar bloedrooi blaar jas
so vergeet ek soms van die dae
wat blykbaar nie gemors was

toe ek toe omvou was in jou arms
wat jou koue kloue sou raak
hulle sé dat dit nie 'n mors van tyd is
as 'n mens iets daaruit kan leer nie
maar wat as al wat jy saam vat 'spyt' is
en jou les is net: nooit weer nie?

ek verloor selfs myself weer hier
op die koue Karoo pad
en sing jou ou liedjies in my brein
tussen die duisende verlate velde
waar ek my woorde kan uitbasuin

en die swart haar sneeu oog winter godin
my met ryp en reen kan reinig
en die dou druppel heuning liefde
van die lente engel my weer en weer kan...

gee my net n jaar

Die Weskus roep my stukkende siel

Die volgende is nie rerig 'n gedig nie. Dis 'n dronk rambling iewers uit my college dae.

Die Weskus roep my stukkende siel terwyl my ma en pa stry in die sitkamer. My kamer verdwyn in die skemer skaduwees van die winter se laaste sinne en ek hoor die trane in my ma se stem soos sy op my pa skree. Ek wil net verdwyn na 'n visserman huisie, amper waar die weskus vir Namibiee pad gee. Waar daar niks ander huise is nie en waar ek nie meer hoef te weet nie. Nie van die nuus of watter bands nou cool is of watter boeke ek so fokken dringend moet lees nie. Ek gee net rerig nie meer om nie, ek dink nie ek het ooit nie.

Ek wil net daar sit en skryf en visvang en eet sonder jou. En sonder hulle en al julle idees oor wie julle nou weer dink ek is of wie ek vir julle moet wees. Ek dink ek kan my eie vyand wees, baie dankie. Julle hoef nie meer my te probeer onderkry nie.

Ek sal nie hoef te worry oor geld of werk nie. Ek sal my selfoon in n rivier gooi en my cd's sal ek brand. Miskien Leonard Cohen saamvat, net vir n bietjie gelukkigheid.(ha) En miskien vat ek 'n paar boeke, die bible en die groot verseboek. Ja, en miskien daai klein boekie van fabels wat my oupa vir my gelos het. Twee lighters en twintig pakkies entjies, wat maar net sal moet hou. Twee boksies wyn, en n botteltjie whisky en 'n glasie van dik glas gemaak. My Pink Floyd plate en my mooi klein avacado groen plate speler, my ma se ou tikmasjien.

Niks van my fotos nie, miskien 'n ou brief, miskien een van 'n ou vriend. My anti-deprisante as ek rerig moet, en seker maar my tandeborsel. Ek sou graag my memory ook wil los maar ek is ge-curse met 'n baie goeie een, veral as dit hardseer is, so dis nou nie juis vir my beskore nie. Dis ironies dat 'n blessing ook 'n curse kan wees...sé ek jou. Wel ek dink so.

Maar anyway terug na die weskus storie.

Ja en dan sal ek verf en skryf en my eie drank maak. En bid en lees en visvang en vir my n vuurtjie maak in my kaggel en dink oor alles. En dan eendag oor so tien jaar sal daar 'n kar stop onder in my klipperige driveway. Probably 'n rooi Toyota of iets. En jy sal daar uitklim met trane wat stowwerig op jou wange vas sit. En ja, jy sal my smeek om jou terug te vat en jou lief te hé en by jou te kom bly in die stad.

Maar my oe sal al koud gedrink wees en my vel al broos en gebrand, en my longe al swart. Met plooie wat my oe omvou, met 'n verwoesde brein sal ek maak of ek jou nie onthou nie. En ek sal jou sé om te fokkof want jy is nie welkom in my wereld nie.

Jy het dan immers my siel op die fish market van die lewe gaan staan en verkoop.

En jy sal nie welkom wees in die kloppings van my hart nie, nee nie myne nie! En dan sal jy wegry en maak asof jy pyn het, maar ek sal nie daaroor dink nie, nie vir een sekonde nie!

In my veertig dae en veertig nagte in my tien jaar en tien-duisend sterre sal ek kitaar speel en sing en my vingers af tik aan my woorde op my ma se ou tik masjien. Die been sal uitsteek by die vinger punte en die kitaar sal huil in sy akkoorde op sy enigste ou drie geroeste snare met ware passie en ware oortuigings.

Ek sal jou nie kan vergeet nie, nie jy en daai wereld van mense waarin jy gaan staan en lewe het nie

Ek sal die skrywer-bergie-malkop-visserman-engel word en die mense in die area sal legendes oor my opmaak.

Maar ek sal jou nooit vergeet nie, nooit jou leuens van hoe jy gevoel het nie, nooit jou "pragtige" woorde wat verkrummel het in hulle geboorte nie. Al jou fokken mooi woorde wat gemaak was om my te sny. Al jou fokken mooi saamgestelde fake smiles en daai "I am so sorry" kak van jou.

Ag ek kry myself net jammer, moenie worry nie, ek is mos maar so. Ons weet mos nou al lankal dat ek nie gemaak is vir jou wereld en jou fokken cool informasie overload vriende nie.

Ons weet mos, want hoekom anders sou jy my dan behandel asof jy dink jy is beter as ek.

Maar ja, jy is mos maar so, of so sé jy altyd.

Die ritme van die see

ek kan vir jou lang stories skryf oor al die dae van my lewe
en jou insuig met my donker melodramatiese glimlag
ek kan jou vergeet en onthou en ignoreer en verafgod,
maar ek kan nie jou hand vashou nie

ek kan jou teken en verf, ek kan jou sien in die wolke,
maar ek kan jou nie omskep in 'n lewende wese nie
ek kan jou bel en jou roep en jou nader laat skuif,
maar dis net jy wat besluit of jy my wil aanvaar

daar is dae wat ek wonder wat van ons twee geword het
of jy sommer net vergeet het van ons vriendskap
van swart riviere soos 'n Koos Du Plessis sprokie
van jou kitaar op 'n verlate sonskynlose strand

van die einde van die somer in jou ma se huis
van die dae wat ek onthou het maar jy nooit,
nooit eers aanvaar het bestaan nie
en dan wonder ek of jy eendag sal onthou

dat ek my beloftes vir jou geskryf het
op die maat van die ritme van die see

Ons bewonder julle ondergang

sy lag op oomblike wat n mens dit nie verwag nie
en red my van myself wat nog by my spook

"jou kleuter oe nou vol n duisend dae my kind", sé sy
"net jou hande wat die stukke weer kan saambind"

in die spieel staar ek dood, geraam in teels,
want my gisters is te naby en my more's is soms net teveel

soos al die kinder fietse wat staan en roes het in die reen
en die sirenes wat die onderdorp weergalmend seen

en die rook wat hulle pomp van die fabriek se skoorsteen
in die klein oggend ure sodat niemand daarvan sal weet

maar ons het geweet van alles, want ons het dit gesien
ons het saam daar gesit en julle ondergang bewonder

oor die dakke se swart buitelyne teen die oggend
van die ou gebreekte bank wat ons self daar moes op dra

onder oorlede oumas se wol komberse waar
sigaret brand gate hulle in die graf sou laat omdraai

die TV aerials wat lyk soos metaal bome as die wind waai
en jy wat aan die slaap raak op my benerige skouer

die minuut net voor die son opkom raak dit kouer
ek wens net dit was nie so gou verby nie,

want dit was 'n oomblik geskep net vir my
die enigste oomblik wat ek nog ooit lewendig gevoel het

Brein Vloei: Suid Afrika (Circa 2006)

geblok in mure soos diere
in sement en baksteen hokke
gevoer met die T.V om ses uur
en onder ons hok skree n vrou,
want haar man is n cliché van alkohol en humeur
en al die "stop the violence against women" stickers gaan hom nie keer
as hy weer kom met sy so-called emosionele littekens
van die lat van sy dae op die plaas
en haar bloed val op die mat
en ek wil net hé hulle moet ophou raas

'n dik lip blou oog gedaante
staar koud vir haar in die spieel
terwyl die suid-ooster woed
om die hoeke van ons mure
waar ons, ons jeug verkrag,
en portrette van vriende lag
en goeie tye uitstraal in sarkasme
en die boeke ons probeer red,
maar ons hoor net ons klaag liedere
ons hoor net haar stem se gil

en dan bel die bank oor premiums,
maar ek het nie eens 'n fokken rekening daar nie
en die polisie tel nie op as ek bel nie
hulle kyk seker Egoli en, ja wel,
wie kan hulle kwalik neem
die fight scenes daarop
is baie minder real

Miskien het ek net hartseer geproe

ek het heel nag wakker gebly saam met jou
en die son sien opkom uit die maag van die honger see
wat my lyk gesoek het, maar my uitgespoeg het,
want ek het seker net hartseer geproe

ek rook n sigaret vir breakfast
en my drink blik-beker-rooibos-tee
ek weet nie meer wat waar of waar ek is nie
as jy maar net vir my die waarheid kon gee

ons ry vroeg die oggend huistoe
daar stap geel blom velde verby die ruit
die koue oggend lug kruip deur die skrefie in
en die kanker asem dryf uit

die grafstene staan 'n duisend verdiepings hoog
soos die stad nader kom aan ons slow-motion masjien
en ek dink, as ek net die kar se backseat kan oorleef
dan sal alles fine wees, miskien

daar sluip 'n taxi verby ons, gelaai met werkers
“Dis vroeg, hulle wens seker hulle was nog in die bed”
dis die eerste woorde wat jy sé met jou oe in die spieeltjie
vandat jy my hart in die koue see gegooi het

maar die see sal hom uitspoeg en ek sal
met een van daai metal detectors moet gaan loop
een wat gemaak is vir gebreekte harte
en hom weer moet vind en heel maak of 'n nuwe een moet koop

ek sal hom weer moet wegsteek van my vriende
ek sal weer al die stukkies moet saam gom
laat aand onder my bedlampie se vaal lig
en hoop en bid dat hy weer sal regkom

as ons stop sal ek uitklim en wegloop sonder om terug te kyk
en my trane hou tot ek in my kamer sit op my bed
en jy sal nooit weet nie, jy sal nooit daai plesier he nie
jy sal dink ek is spesiaal en sterker as wat jy gedink het,
maar daar loop klaar trane oor my wange agter jou rug
en jou vriendin het nou gesien dat ek my glimlag laat rus
toe sy my vra vir 'n light met haar patronizing kyk
en daai bitch sal vir jou vertel sodra ek uit die kar uit is

ek het eenkeer vir haar gese hoe bly ek is ek het
jou ontmoed deur haar, maar ek dink sy was spyt
ek was maar net nice met haar vir jou
gee net my light terug en los my uit
gee net my lig terug en los my uit
as jy net uit my kop uit kon dryf
dan sou ek nou kon fine wees, miskien
dan sou ek kon ophou skryf, miskien

ek het seker net hardseer geproe
vir jou mond en jou hart en jou siel
ek het seker net hartseer geproe
ek dink nie jy dink ook so nie, maar miskien

Engele Wat Waak

ek verkoop my siel in kommin bars
ek is semi-sweet, terwyl ou mans daar
op die commercial house tunes dans
en my vriendin nader roep

met ge-eelte visserman hande
wat nog na gister se brandewyn
en vanoggend se geelstert stink
ek wil naar word

dis hier waar ons wereld vrot
met die reuk van dooie vryheid
wat in die molshopie grafte
in Bredasdorp se begrafplaas lé

onder engele wat waak
teen die wolwe van die oggend

Ek breek soos ek jou breek

die siklus gaan net snik snik voort
strik vir strik, soort soek soort

verstik gou gou in wat ons glo
vergeet van alles van ver van bo

belowe my jy sal onthou
dat waarheid kom nie net van jou

daars donker hoeke wat ons nie sien
daars swart woorde in my grys masjien

Tussen die kaal bome se swart skaduwees. ('n Advertensie in die hoekie vir eensames)

Iiemand wat altyd aan my kant is as die dae te lank en grys raak
wanneer die laat middag son verwaai word deur die koue winter wind

iemand wie ek kan vertrou met al my diepste gedagtes en vrese
vir wie ek kan vertel van al die dae van my lewe wanneer ek iemand gesoek het

iemand wat nie omgee waarna ek luister of met wie ek vriende is nie,
wat saam met my kan lag oor dinge wat ek soms dink net ek verstaan

iemand vir wie ek alles wat ek het kan gee sonder om dit terug te verwag
sonder om bang te wees dat dit alles teen my gebruik sal word

iemand wat my kan vashou wanneer ek dit nodig het om aan te hou asem haal
en wie ek kan vashou wanneer dit te koud buite of binne-in geraak het

iemand wat verstaan wat ek bedoel selfs al is dit net 'n beweging van my oe
in 'n groep van duisende oe en honderde stemme wat skree om gehoor te word

iemand wat vir ure saamet my kan kyk na hoe die wasgoed waai op die draad,
wat net kan lé en luister na die oseaan wat stadig asem haal met elke golf

iemand om my trane af te vee en my te laat glimlag met rooi gehuilde oe
as die dae te lank en grys raak tussen die kaal bome se swart skaduwees

'n Brief vir my ou vriend die duiwel

Ons het groen tee gedrink
uit die bruin lyn koppies van jazz
en tot vroeg in die oggend wakker gebly
vir mekaar antwoorde gesoek

met die geur van musiek in die kaneel strate
was die somer besig, warm en sonder trane
en ek het gedink dit was soos in my ouers se jong dae
Met my ma se oe in die spieel en my pa se voetstappe in die parke

Daar was oorlog liedere wat geneurie het
in die mooiste franse melodiee
selfs al was daai oorlog al jare lank verby

Die asbakke het oorgeloop
met gister se kuiergaste en ons het gelag
vir ons vrese van die toekoms

Ek is seker jy onthou dit seker anders as ek,
maar ek weet dit was vir jou ook toe beter
toe ons daar gewoon het langs die palmboom

my ou vriend die duiwel
jy weet wat het gebeur met ons
daar was 'n regte duiwel wat ons moes laat stry

die trane moes loop
ons moes verkillende pole wees
die winters van verlange moes kom

vir jou, meeste van die tyd,
maar vir my die meeste
as jy maar net geweet het hoe moeilik dit was

Storm in my Brein

daar is 'n storm in my brein
twee bote wat op die bloed van my hart seil

ek dink aan tye wat verby is
en dit vreet my op

'n koue hart wat sterwe
en vlamme in my kop

die foute wat ek gemaak het
en die foute wat ek maak

ek gaan eendag alleen
in my boek se blaaie slaap

en 'n sagte traan laat seil
oor die fotos in my brein

My menskleur Jesus

ek soek die menskleur potlood
vir my menskleur Jesus
ons teken hom wie hy nie was nie
en lewe volgens sy beeld

ons gee vir hom n coloured baard
en dalk swart buitelyne
maar my Jesus het 'n menskleur vel
en my ma se mooi blou oe

my juffrou sé "dit is pragtig kind"
en gee my 'n ster en 'n kroon
sy hou van die menskleur Jesus
sy lewe volgens sy beeld

[met blond ge-blow dry-de hare
en skellende rooi naels,
blom-belaaide-see-blou-rok
en goue klingel armbande

met 'n sakkie silwer muntstukke
en 'n lang soen vir die skoolhoof om die hoek
waar ek toevallig die bal gaan optel het
“maar wat as haar man haar soek?”]

my menskleur Jesus, my T.V
my masker en my foon
al die leuens van die wereld
van kleins af in gevoer

Dis sy, dis hy, dis hulle

my telefoon lui my wakker
om vir my te se dat ek lewe

dis sy, dis hy, dis hulle
my frustrasies laat my bewe

ek groei met haat en pyn
vir dit wat ons geword het

die afbreek van ons liefde
met die T.V wat ons red

liewe alarm maak my wakker
liewe straatlig laat my loop

"goeie more Mnr kamera daar"
met alkohol sal hulle my doop

ek gryp na hom en haar
ek gryp na hulle en dit

hierdie dinge maak my naar
"ja, nee dis hectic shit"

'n Lied vir 'n Dinsdag in Mei.

volg my voete in die straat af
deur die eeue eindelose ellende
die herfs blare wat my laat dink
aan die dae toe ek nog klein was

'n musiek klas in 'n ou huis in 'n agterstraat
'n jas gemaak van besonderse somber swart materiaal
'n sigaret wat warm rook walms laat bloei
in die kleure van die die agtermiddag

en daar iewers tussen die orkes en die gehoor
hoor ek toe iemand met 'n bloeisel vir 'n stem,
maar toe ek opkyk lé al die blare
in die modder onder haar voete

Ek mis jou maar net vandag

jou vroee oggend fluister het my altyd wakker gemaak
die skoonste daglig het in geskyn deur my ruit
jou oe flikker deur my brein en dan flikker dit weer uit

ek het gister skoenlappers gevang met my kaal hande
sodat jou siel in my palms kon insink, simpel né?
die soet donder storms het gedryf oor die lusern lande

ek het myself in alkohol oseane gaan verdrink
toe ek sien hoe die bloeisels na die grond toe sweef
ek is jammer, maar ek kon dit net nie vat dat ons dit nie saam beleef

die swart pakke en rokke het die hele tuin vertrap,
jy moes hulle gesien het met al hulle "pragtige" woordjies
toe hulle weg is het ek die blomme en die klippe alleen gepak

ek het jou favourite armbande self begrawe in die boorde
sodat daai ou vrou wat altyd agter ons in die kerk sit,
jy weet die een met die blou hare en kalkoen akkoorde,
nie dit kom vat vir "charity" of een of ander ding nie

ek wou maar net se ek is nie kwaad nie
dis tog immers nie jou skuld gewees nie,
maar ek wonder maar net hoekom jy na as en roet gryp
terwyl hier nog vure brand?

Jammer, ek mis jou maar net vandag.