Die Onheil Van My Smart

die boosheid van die winter gloei nog
soos die laaste oomblike van 'n kers
wat homself verdrink in sy eie was
soos ek myself verdink aan moord
'n moord op wie ek was.

en my nuwe verse skree vir eenvoud
in die skemeraand van my lewe
met 'n ligsinnige gelag vir my beheer oor myself
en beheer oor dit wat bewe
aan die buitehoeke van my persoonlikheid
en die heilige vrees in my hart
in die ouderdom van gebroke gedagtes
en die onheil van my smart.


© Niel De Waal Meiring