Die Weskus roep my stukkende siel

Die volgende is nie rerig 'n gedig nie. Dis 'n dronk rambling iewers uit my college dae.

Die Weskus roep my stukkende siel terwyl my ma en pa stry in die sitkamer. My kamer verdwyn in die skemer skaduwees van die winter se laaste sinne en ek hoor die trane in my ma se stem soos sy op my pa skree. Ek wil net verdwyn na 'n visserman huisie, amper waar die weskus vir Namibiee pad gee. Waar daar niks ander huise is nie en waar ek nie meer hoef te weet nie. Nie van die nuus of watter bands nou cool is of watter boeke ek so fokken dringend moet lees nie. Ek gee net rerig nie meer om nie, ek dink nie ek het ooit nie.

Ek wil net daar sit en skryf en visvang en eet sonder jou. En sonder hulle en al julle idees oor wie julle nou weer dink ek is of wie ek vir julle moet wees. Ek dink ek kan my eie vyand wees, baie dankie. Julle hoef nie meer my te probeer onderkry nie.

Ek sal nie hoef te worry oor geld of werk nie. Ek sal my selfoon in n rivier gooi en my cd's sal ek brand. Miskien Leonard Cohen saamvat, net vir n bietjie gelukkigheid.(ha) En miskien vat ek 'n paar boeke, die bible en die groot verseboek. Ja, en miskien daai klein boekie van fabels wat my oupa vir my gelos het. Twee lighters en twintig pakkies entjies, wat maar net sal moet hou. Twee boksies wyn, en n botteltjie whisky en 'n glasie van dik glas gemaak. My Pink Floyd plate en my mooi klein avacado groen plate speler, my ma se ou tikmasjien.

Niks van my fotos nie, miskien 'n ou brief, miskien een van 'n ou vriend. My anti-deprisante as ek rerig moet, en seker maar my tandeborsel. Ek sou graag my memory ook wil los maar ek is ge-curse met 'n baie goeie een, veral as dit hardseer is, so dis nou nie juis vir my beskore nie. Dis ironies dat 'n blessing ook 'n curse kan wees...sé ek jou. Wel ek dink so.

Maar anyway terug na die weskus storie.

Ja en dan sal ek verf en skryf en my eie drank maak. En bid en lees en visvang en vir my n vuurtjie maak in my kaggel en dink oor alles. En dan eendag oor so tien jaar sal daar 'n kar stop onder in my klipperige driveway. Probably 'n rooi Toyota of iets. En jy sal daar uitklim met trane wat stowwerig op jou wange vas sit. En ja, jy sal my smeek om jou terug te vat en jou lief te hé en by jou te kom bly in die stad.

Maar my oe sal al koud gedrink wees en my vel al broos en gebrand, en my longe al swart. Met plooie wat my oe omvou, met 'n verwoesde brein sal ek maak of ek jou nie onthou nie. En ek sal jou sé om te fokkof want jy is nie welkom in my wereld nie.

Jy het dan immers my siel op die fish market van die lewe gaan staan en verkoop.

En jy sal nie welkom wees in die kloppings van my hart nie, nee nie myne nie! En dan sal jy wegry en maak asof jy pyn het, maar ek sal nie daaroor dink nie, nie vir een sekonde nie!

In my veertig dae en veertig nagte in my tien jaar en tien-duisend sterre sal ek kitaar speel en sing en my vingers af tik aan my woorde op my ma se ou tik masjien. Die been sal uitsteek by die vinger punte en die kitaar sal huil in sy akkoorde op sy enigste ou drie geroeste snare met ware passie en ware oortuigings.

Ek sal jou nie kan vergeet nie, nie jy en daai wereld van mense waarin jy gaan staan en lewe het nie

Ek sal die skrywer-bergie-malkop-visserman-engel word en die mense in die area sal legendes oor my opmaak.

Maar ek sal jou nooit vergeet nie, nooit jou leuens van hoe jy gevoel het nie, nooit jou "pragtige" woorde wat verkrummel het in hulle geboorte nie. Al jou fokken mooi woorde wat gemaak was om my te sny. Al jou fokken mooi saamgestelde fake smiles en daai "I am so sorry" kak van jou.

Ag ek kry myself net jammer, moenie worry nie, ek is mos maar so. Ons weet mos nou al lankal dat ek nie gemaak is vir jou wereld en jou fokken cool informasie overload vriende nie.

Ons weet mos, want hoekom anders sou jy my dan behandel asof jy dink jy is beter as ek.

Maar ja, jy is mos maar so, of so sé jy altyd.


© Niel De Waal Meiring