Ons bewonder julle ondergang

sy lag op oomblike wat n mens dit nie verwag nie
en red my van myself wat nog by my spook

"jou kleuter oe nou vol n duisend dae my kind", sé sy
"net jou hande wat die stukke weer kan saambind"

in die spieel staar ek dood, geraam in teels,
want my gisters is te naby en my more's is soms net teveel

soos al die kinder fietse wat staan en roes het in die reen
en die sirenes wat die onderdorp weergalmend seen

en die rook wat hulle pomp van die fabriek se skoorsteen
in die klein oggend ure sodat niemand daarvan sal weet

maar ons het geweet van alles, want ons het dit gesien
ons het saam daar gesit en julle ondergang bewonder

oor die dakke se swart buitelyne teen die oggend
van die ou gebreekte bank wat ons self daar moes op dra

onder oorlede oumas se wol komberse waar
sigaret brand gate hulle in die graf sou laat omdraai

die TV aerials wat lyk soos metaal bome as die wind waai
en jy wat aan die slaap raak op my benerige skouer

die minuut net voor die son opkom raak dit kouer
ek wens net dit was nie so gou verby nie,

want dit was 'n oomblik geskep net vir my
die enigste oomblik wat ek nog ooit lewendig gevoel het


© Niel De Waal Meiring