Alles

ek voel soos jy
verlore hardseer
wat blom tot iets moois
'n suidooster storm
die ellende van die karoo
volstruis eier waterbottel
dans om 'n vuur
vertel die stories
vergeet van slaap
geel grasvelde van somer
ligte blou lug
bye wat soet soek
sonbesies wat die son roep
herfs soos opera rooiwyn
rooi en diep
alles saam
alles in my
ek voel soos jy


© Niel De Waal Meiring