Sondebok

dieselfde pendel
na jou betekenislose werk
dieselfde fights
wat op die internet op kom
daai useless gevoel
van alleen wees in die heelal
niks verander nie
niemand gee om

daai nuttelose woorde
van iemand soos ek
iemand wat geen reg het
om te kla
hoe durf jy
sondebok van die wêreld
hoe durf jy
selfs daai vraag vra

jy het alles gekry
jou hele lewe lank
dit beteken niks vir ons
dat jy dolleeg voel
selfs al breek dit jou hart
en vermorsel jou brein
selfs al het jy alles wat jy sê
bedoel


© Niel De Waal Meiring