Ons is hier

ons is hier
nie die homofobies, die rasis of die bevooroordeelde nie
die heteroseksueel, die wit, die man, ja, maar ook
die vrou, die bruin, die swart, die homoseksueel
die trans geslag, die nie binĂªre

ons is ook hier

ons is hier
nie om te stry, seer te maak of af te breek nie,
maar om reg te maak en saam te bind en op te hef
om vergifnis te vra vir die verlede, vir ons voor ouers
om saam te huil en saam te lag

ons is ook hier

ons is hier
nie om insette te gee en om onself te verduidelik nie,
maar om te luister, te probeer verstaan en te onthou
om onsself te sien uit 'n ander se oog punt
om te help, om te bou, ons vir jou

ons is ook hier



© Niel De Waal Meiring