die derde brief vir my vriend die duiwel

waar is jy?
jy het verdwyn van my lewe af
en ek kan jou nerens opspoor

het jy getrek?
woon jy nie meer hier nie
kan jy nog met woorde toor?

sien jy nog daai mense?
van toe ons nog jonk was
toe ons moes kies

onthou jy daai asbak
wat ons verfilm het
vir daai kort film oor emosies

ek verlang soms
na daai dae van my jeug
en soms wil ek treur

en soms sit ek
en wonder
wat het gebeur

© Niel De Waal Meiring