Etenstyd!!!

Wolf, wolf hoe laat is dit?
Tyd vir die prins om te sterf.
Wolf, wolf hoe laat is dit?
Die beste van alle tye is weg.

Wolf, wolf hoe laat is dit?
Tyd om woestyne te erf.
Wolf, wolf hoe laat is dit?
Tyd vir die klimaat om te versleg.

Wolf, wolf hoe laat is dit?
Dis tyd om hele families dood te ry.
Wolf, wolf hoe laat is dit?
Tyd vir massamoorde in die straat.

Wolf, wolf hoe laat is dit?
Dis tyd om onskuldige kele af te sny.
Wolf, wolf hoe laat is dit?
Tyd om die waarheid dood te praat.

Wolf, wolf hoe laat is dit?
Laat genoeg vir mý haat beleid!
Wolf, wolf hoe laat is dit?

ETENSTYD!!!

© Niel De Waal Meiring